Hewige storms laat Okakarara sonder krag

Honderde huishoudings in Okakarara, sowel as die Okakarara-staatshospitaal, Beroepsopleidingsentrum en winkelsentrums, is sonder elektrisiteit en lopende water ná ‘n hewige reënbui wat skade aan meer as 25 elektrisiteitpale in die dorp aangerig het. Kosmos 94.1 Nuus het met Charlie Matengu, CenoRED se kommunikasiehoof gepraat, wat sê dit is noodsaaklik om teen vanaand elektrisiteit by die staatshospitaal te herstel, aangesien daar geen rugsteun-kragopwekkers by die dorp se waterpompstasies is nie.