Hewige reaksie na Geingob se Oujaarstoespraak

President Hage Geingob se Oujaarstoespraak lok steeds reaksie uit. Geingob het geen erkenning aan die oorweldigende vlakke van armoede en die swaarkry van die algemene Namibiër gegee nie. Hy het eksterne faktore vir die land se swak ekonomie blameer en het weer daarvan melding gemaak dat hy die land beter af laat as wat hy dit gekry het. Die navorsingsdirekteur van die Scandinavian Nordic Africa-instituut en kenner van Namibiese aangeleenthede, dr. Henning Melber bevraagteken die eis deur Geingob. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Hy het Geingob uitgedaag om, te midde van sy reuse toegelate reistoelaag, om self inkopies te gaan doen.