Het Windhoekers en Swakopmunders ‘n maagkiem onder lede?

Verskeie inwoners van Windhoek en Swakopmund kla oor maagpyn en daar is berigte van mense wat in hospitale opgeneem is. Daar is ook bewerings dat ingewandskoors wat tans in Suid-Afrika is, nou in Namibië is. Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, het pas aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy is nie bewus van enige voorvalle van ingewandskoors in die land nie.