Het ReconAfrica gelieg?
Rob Parker van die Economic and Social Justice Trust het gereageer op die nuus dat ReconAfrica ingestem het om 10,8 miljoen Amerikaanse dollar aan aandeelhouers te betaal om klasaksie regsgedinge te besleg. Die eisers beweer dat ReconAfrica tussen Mei 2020 en September 2021 misleidende verklarings gemaak het, insluitend sy planne om hidrobreking van hulpbronne in Namibië te onderneem. Die firma het versuim om bekend te maak dat Namibië nog nooit voorheen hidrobreking toegelaat het nie. Parker sê daar is gelieg.
Hy voeg by dat prosesse stadig is en dat Namibiërs steeds op geregtigheid wag terwyl aandeelhouers bank toe gaan.
Kosmos 94.1 Nuus het gepoog om kommentaar by ReconAfrica te kry.