Het die streeksraad ooit ‘n kwotasie nodig gehad?

Die Zambezi-streeksraad kom onder skoot vir ‘n tender vir die vervoer van droogtehulp wat eers op sy webtuiste verskyn het die dag wat dit gesluit het. Die raad het kwotasies aangevra op ‘n dokument wat vir 11 April gedateer is, maar gesluit het op 16 April toe dit verskyn het. Vol spelfoute, het die raad gevra vir noodbystand na sewe kiesafdelings en die tender het 11-uur voormiddag gesluit. Die selfoonnommer van die betrokke beampte is ook verkeerd aangedui en die Tender Bulletin sê daar is baie vrae oor die betrokke tender en of kwotasies ooit nodig was.