Het die FIA-baas gepeuter met uitslag?

FIA se president, Mohammed Ben Sulayem, word volgens berigte ondersoek omdat hy probeer het om in te meng by die uitslag van verlede jaar se Formule Een Saoedi-Arabië Grand Prix. Hy het na bewering probeer ingryp om ʼn boete aan Fernando Alonso van Aston Martin om te keer. Alonso het voorwaardelik derde geëindig op die Jeddah-baan, maar hy het ná die resies ʼn boete van tien-sekondes gekry omdat werktuigkundiges aan sy voertuig gewerk het voordat ʼn vorige straftydperk van vyf sekondes verstreke was. Die FIA se etiekkomitee ondersoek die saak.