Het 95 Witrivier-Libiërs enigiets met terreur-befondsing te doen?
Die Africa Transformation-beweging sê die ontdekking van die vermeende onwettige militêre opleidingskamp in Witrivier, Mpumalanga, is maar een voorbeeld van verskeie onwettige bedrywighede wat in Suid-Afrika aan die gang is. Die nasionale woordvoerder van beweging, Zama Ntshona, sê onlangse berigte het reeds kommer laat ontstaan oor die land se moontlike betrokkenheid by die finansiering van terroristegroepe. Hy voeg by sommige mense en groepe wat spaza-winkels bedryf, is glo ondersteuners van die groepe op ‘n globale skaal: