Herwinnings-ondernemings kan gemeenskappe ophef

Die Stad Kaapstad moedig sy inwoners aan om hul gemeenskappe op te hef deur klein herwinnings-ondernemings te stig en by die stad te registreer vir insluiting op die Afval-herwinnerskaart. Die stad se burgemeesters-komiteelid vir stedelike afvalbestuur, Grant Twigg, sê herwinning het aansienlike potensiaal om werk te skep, sowel as om die kosbare natuurlike omgewing te beskerm, en daarom word inwoners aangemoedig om hul eie klein herwinnings-ondernemings te stig.