Herwinning word nou noodsaaklik

Windhoek se stortingsterreine begin vol word, met die stad wat jaarliks meer as 84 500 ton afval produseer. Kupferberg het sowat drie jaar van bedryfslewe oor. David Adams, waarnemende strategiese bestuurder vir infrastruktuur, het aan The Brief gesê die stad sal 6 persent van die afval wat na stortingsterreine gaan moet herlei om tyd te koop. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Dr. Peter Cunningham, ‘n plaaslike ekoloog, wat sê mense sal meer moet begin herwin.