Hervestigingsgrond beskikbaar – doen so aansoek

Die Namibiese landbouministerie adverteer boerdery-eenhede wat beskikbaar is vir hervestiging. Belangstellendes het tot 2 Mei om hul aansoeke in te dien. Daar is ses eenhede in die Erongo-streek, sowel as ses elk in Kunene en Karas. Die ministeriële woordvoerder, Jona Musheko het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.

Hy verduidelik die aansoekproses.