Hervatting van gesondheidsdienste gemonitor

Die Gautengse departement van gesondheid sê hy monitor die hervatting van dienste by geriewe wat geraak is weens Nehawu se staking. Die hoof van kommunikasie, Motalatale Modiba, sê die arbeidsappèlhof het die staking Maandag verbied met onmiddellike effek, wat noodsaaklike diens-werknemers verhoed het om verder deel te neem of met die staking voort te gaan. Hy sê die departement sal verseker dienste word ten volle herstel.