Herstelwerk aan Kaapse parlementsgeboue begin Maandag

Herstelwerk aan parlementsgeboue in Kaapstad begin Maandag. Die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika sal die projek bestuur. Twee raadsale, 17 komiteekamers en meer as 280 kantore is onbruikbaar gelaat weens ‘n brand vroeg in Januarie verlede. Nog kantore en komiteekamers gaan bygevoeg word in die herbouingsproses. Die Ontwikkelingsbank was deel van ‘n span wat vroeër in die Parlement terugvoering gegee het oor die herbou en herstel van strukture. Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het verlede jaar in sy medium-termyn begroting twee miljard Suid-Afrikaanse rand bewillig vir die herbou-koste.