Herstel na Covid word belemmer deur verskeie risiko’s

Die Namibiese ekonomie is op sy knieë, veral ná die verwoestende gevolge van die Covid-pandemie en die voortslepende Russies-Oekraïnse konflik. Die impak van albei is duidelik sigbaar oral waar jy in Namibië gaan. In Windhoek se sentrale sake-kern is ‘n aantal winkels sedertdien steeds gesluit. Namibiese ekonoom Cons Karamata het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor hoe lank dit sal neem om van die ekonomiese krisis te herstel.