Hersiening van middeltermyn begroting op hande

Die finansminister, Ipumbu Shiimi, sal die hersiening van die middeltermyn begroting volgende week Donderdag in die Nasionale Vergadering ter tafel lê. Shiimi het sy konsultasies voltooi, in samewerking met die Nasionale Beplanningskommissie. Die woordvoerder van die finansministerie, Wilson Shikoto, sê daar is verskeie insette gelewer wat besteding sal bepaal.