Hersiende rassekwota-stselsel – DA sê dis ‘n oorwinning

Die DA-leier Johan Steenhuisen sê sy party, saam met sy vennote in die burgerlike samelewing, het die eerste stryd in hulle voortslepende oorlog teen die ANC se rassekwota-wetgewing gewen. Steenhuisen sê die arbeidsminister, Thulas Nxesi, is gedwing om hersiende konsep-regulasies vir die instelling van die Wysigingswet op Diensbillikheid, beter bekend as die Wet op Rassekwotas, te publiseer. Die wet is verlede jaar deur president Cyril Ramaphosa onderteken: