Herrie rondom die bestuur van Bwabwata se kommunale grond

‘n Verslag oor ‘n petisie deur die Hambukushu Tradisionele Owerheid oor die bestuur van Bwabwata kommunale grond deur die omgewingsake-ministerie is voor die Nasionale Vergadering gebring. Die petisie is in November 2021 ingedien en is na die staande komitee oor grondwetlike en regsake verwys. Die komitee het in Maart 2022 feitebesoeke aan Mukwe-kiesafdeling in die Kavango-Oos-streek gebring en tot 9 Februarie 2023 ‘n aantal konsultasies met senior amptenare van die betrokke ministeries gehou. Kletus Karondo van die Swapo-party en ‘n lid van die staande komitee het van die kommerwekkende bevindings in die verslag uiteengesit.

Die omgewingsministerie het glo die gebied besoek en vergaderings met die Hambukushu Tradisionele Owerheid gereël, maar daar is geen rekord van sulke vergaderings nie.