Herrie oor voedselveiligheid en spazawinkels kring uit

Gauteng se LUR vir Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling, Lebogang Maile, sê hulle kan nie net buitelanders se spazawinkels sluit oor openbare ontsteltenis oor voorvalle van voedselvergiftiging nie. Die provinsiale Gesondheidsdepartement het tussen Februarie en September vanjaar 203 gevalle van voedselvergiftiging aangeteken waarin ses mense dood is. Maile sê buitelanders se winkels skep onregverdige kompetisie in die township-ekonomie: