Herrie oor Bela-wetsontwerp kan SA regering knou

In Suid-Afrika het ‘n herrie losgebars na president Cyril Ramaphosa se aangekondig dat hy vandag die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette sal onderteken. Terwyl die ANC se tradisionele bondgenote die Bela-wet ondersteun, is daar groot teenkanting uit ander oorde. Onder andere die DA sê dit sal ‘n skending wees van die gesamentlike verklaring van voorneme deur die regering van nasionale eenheid. Kosmos 94.1 Nuus het eksklusief met die Suid-Afrikaanse politieke ontleder professor André Duvenhage gepraat, wat sy mening oor die situasie gee.