Herrie los oor Britse ‘brief’ oor IPC

Die adjunk-president van die IPC Trevino Forbes het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat ‘n brief, blykbaar van Britse Arbeiderparty-LP Sarah Champion aan David Cameron, die minister van buitelandse sake, onbekend is aan die party. Die brief, wat onder die sogenaamde International Development Committee geskryf is, sê dat 750 000 pond, of 17,6 miljard Namibiese dollar, reeds oorbetaal is sodat die IPC ‘n robuuste veldtog in die verkiesing kan loods. Forbes word genoem in die brief en dat hy met die komitee vergader het, wat hy ontken. Kommerwekkend word daar melding gemaak dat daar ‘n goeie uitkoms vir Brittanje kan wees in die ontluikende olie-bedryf, sou die IPC wen.