Herrie is los oor Joodse aantygings teen Sooliman van Gift of the Givers
Die menseregte-organisasie sonder winsbejag, #Africa4Palestine, sê hy veroordeel die voortgesette laster en ongegronde bewerings teen Gift of the Givers se stigter, Imtiaz Sooliman. ʼn Joodse menseregte-prokureur het in ʼn ope brief gesê Gift of the Givers skenk geld aan groepe wat die Amerikaanse regering as terroriste-organisasies op ʼn swartlys geplaas het. Sooliman ontken die bewerings. #Africa4Palestine sê die beskuldigings is bloot ʼn smeerveldtog om Sooliman in onguns te bring vir sy wêreldwye humanitêre werk en steun aan Palestynse regte.