Herrie is los in Omusati… oor skoolboeke
Die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie Sanet Steenkamp sê sy is bly die goewerneur van die Omusati-streek, Erginus Endjala het die kwessie van hand- en skryfboeke uitgelig. Skole in die streek het geen boeke nie. Volgens Steenkamp is die streek se onderwysdirektoraat reeds in Junie verlede jaar befonds daarvoor en daar is duidelike instruksie gegee. Endjala sê die kwessie is aan die Teenkorrupsie-kommissie gerapporteer want hy ruik ‘n rot. Talle ouers kla en meen dit is al die derde maand van die skooljaar en die kinders raak agter.