Herrie bars los oor appèl op appèl oor Chiles se brons
VSA Gimnastiek het by die Hof vir Bemiddeling in Sport appèl aangeteken nadat Jordan Chiles van haar bronsmedalje gestroop is wat sy by die vroue se vloer-finaal in Parys gewen het. Dit volg nadat die hof in ʼn appèl deur Ana Barbosu van Roemenië se guns beslis het. Die hof sê Amerika se aanvanklike navraag oor Chiles se telling in die finaal is ná die een-minuut-spertyd ingedien. Die beheerliggaam sê hulle het video-bewyse wat toon die appèl is 13 sekondes voor die spertyd ingedien.