Hernubare energie op Davos bespreek

Die leier van die Britse Arbeidersparty, Sir Keir Starmer, sê by die afgelope Davos-byeenkoms het hernubare energie onder die loep gekom. Hy sê na sy besprekings met verskeie uitvoerende hoofde tydens die vergadering, kan Brittanje teen 2030 skoon kragopwekking bereik. Hy sê dis in elk geval goedkoper.