Hernubare energie onder loep tussen België en SA

België en Suid-Afrika gaan voortaan saamwerk ten opsigte van hernubare energie. Die land wil graag die kundigheid van die Europese land bekom in sake wat verband hou met die huidige energiekrisis. President Cyril Ramaphosa het koning Philippe en koningin Mathilde in Pretoria onthaal tydens hul eerste staatsbesoek aan die land. Ander sake wat bespreek is, sluit in handel, belegging en toerisme. Ramaphosa sê hy hoop hierdie verbintenis sal help om die ekonomiese bande tussen die twee lande te versterk: