Hernubare energie in Afrika sal N$3 triljoen kos

Revego-fondsbestuurders wil sowat 3 miljard Namibiese dollar insamel om in hernubare energieprojekte te belê. Al tien van die fonds se beleggings tot dusver is in Suid-Afrika wat die grootste hernubare energiebedryf in Afrika suid van die Sahara is. Die fonds het verlede jaar in ‘n sonkragaanleg van 150 megawatt in die Vrystaat belê wat die eerste een is wat krag aan verskeie privaatkopers sal verskaf. Ziyaad Sarang van die fonds sê die streek benodig meer as 3 triljoen Namibiese dollar in hernubare energiebeleggings teen 2031.