Herkouersplaag in Griekeland bevestig

Die Landbouministerie in Griekeland het die vervoer landwyd verbied van skape en bokke weens die hoogs-aansteeklike herkouersplaag. Die siekte, wat verbind word met ingevoerde vee, het veroorsaak dat byna 10 000 diere vrekgemaak moes word. Daar is nuwe gevalle in Korinthië, Larissa en die groter Athene-gebied. Die ministerie ondersoek die oorsprong van die besmette diere, wat glo uit Roemenië kom, wat onlangs ‘n soortgelyke uitbreking gehad het. Die verbod het ten doel om te keer dat die siekte verder versprei.