Herhaalde oortreder, uit op borg, steek sy meisie, 5 maande swanger, dood
Die polisie in die Oshikoto-streek het ‘n moordsaak teen ‘n 27-jarige man geopen omdat hy na bewering sy meisie, wat vyf maande swanger is, doodgesteek het. Adjunkkommissaris Titus Ekandjo, sê die oorledene is geïdentifiseer as die 32-jarige Maria Kanyongo, wat ‘n driejarige dogter by die verdagte het. Volgens Ekandjo is die man ’n herhaalde oortreder en is voorheen vir aanranding in hegtenis geneem nadat hy sy meisie, asook sy ma en broer met ‘n mes gesteek het. Hy is tans uit op borg vir nog ‘n saak van aanranding met die volgende hofdatum vasgestel vir 17 Oktober.