Herhaalde ontruimingsbevele in Gaza skep chaos
Die Verenigde Nasies se Kantoor vir die Koördinering van Humanitêre Sake sê die opeenvolgende massa-ontruimingsbevele wat deur Israeliese magte uitgereik is, het sedert Oktober verlede jaar 90-persent van Gaza se inwoners verplaas. Hierdie maand alleen is 12 bevele uitgereik, wat nagenoeg 250 000 mense gedwing het om te verskuif. Die VN sê die pad vorentoe is duidelik en dringend – beskerm burgerlikes, laat die gyselaars vry, laat humanitêre hulp toe, en kom ooreen oor ‘n wapenstilstand.