Henry Kissinger word 100

Die deurwinterde oud-Amerikaanse politikus Henry Kissinger word môre ‘n volle eeu oud. Hy was tussen 1969 en 1975 die land se nasionale sekuriteits-adviseur en tussen 1973 en 1977, die minister van buitelandse sake. As politieke kommentator was Kissinger verlede jaar verstom oor die Russiese inval in Oekraïne. Hy het die Russiese President Vladimir Putin al 15 keer ontmoet. Professor Jannie Rossouw van Wits se Sakeskool het met Kosmos 94.1 Nuus oor Kissinger se roemryke politieke loopbaan gesels…