Hengse styging in Iran se teregstellings
Regtegroepe sê Iran het verlede jaar minstens 834 mense tereggestel, die hoogste getal sedert 2015, te midde van ‘n toename in die doodstraf in dié Islamitiese republiek. Die aantal galg-teregstellings het met sowat 43 persent gestyg teenoor 2022. Dit was slegs die tweede keer in twee dekades dat meer as 800 teregstellings in ‘n jaar aangeteken is. Die vorige keer was 972 teregstellings in 2015.