Hengari kry borg, Michael en Dee agter tralies

Die twee NEFF-lede Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma het nie daarin geslaag om borg vanoggend te kry nie. Die PDM-parlementslid Inna Hengari was meer gelukkig en is borg van 5 000 Namibiese dollar toegestaan. Amushelelo en Nauyoma sal agter tralies moet bly tot hul volgende hofverskyning volgende week Woensdag. Die redes vir die weiering van borg is nie bekend nie maar, Amushelelo is reeds verskeie male vir dieselfde oortredings in hegtenis geneem en verdedig tans ‘n soortgelyk saak op Walvisbaai. Nauyoma was ook betrokke by die oorspronklike China Town-chaos, maar daardie klagtes is teruggetrek.