Help hervestigde boere, maar ook kommunale boere: NNFU

Die Nasionale Raad se Staande Komitee oor Landbou-omgewing en Natuurlike Hulpbronne sê in ‘n verslag dat die landbouministerie voldoende opleiding en finansiële ondersteuning aan hervestigde boere moet verskaf. Die verslag is saamgestel ná ’n oorsigbesoek in September verlede jaar aan die Hardap-, Khomas-, Karas-, Oshana-, Omusati-, Ohangwena- en Oshikoto-streke. Die doel van die besoek was om die suksesse en uitdagings van die hervestigingsprogram te evalueer en versagtende maatreëls vir vloedgevoelige gebiede te identifiseer. Die hervestigingsprogram bepaal dat die lynministerie hervestigde boere vir vyf jaar moet ondersteun, maar dit gebeur nie weens ‘n gebrek aan menslike hulpbronne. Die Namibia National Farmers’ Union, NNFU, ondersteun die oproep aan die ministerie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Adolf Muremi, die voorsitter van die NNFU, wat sê kommunale boere het ook bystand nodig.