Help diere deur ‘n troeteldier aan te neem

Daar is baie maniere waarop mens diere in verskillende gemeenskappe kan help, en een van hulle is om by die plaaslike dierebeskermingsvereniging betrokke te raak. Aanneming van honde of katte help ook baie, want dit gee ‘n dier ‘n tweede kans op ‘n goeie lewe. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Hanna Rhodin, die direkteur van die Dierebeskermingsvereniging in Windhoek, wat ‘n paar nuwe ontwikkelinge by hulle uiteensit. Sy moedig ook gesinne aan wat ‘n troeteldier wil kry, om aanneming te oorweeg.