Help die polisie, vra familie van vermoorde student

Familielede van die 24-jarige vermoorde student Matheus Sheehama en die gemeenskap van Walvisbaai het ‘n optog deur die dorp gehou vir “geregtigheid vir Sheehama”. Hulle doen ‘n beroep op enigiemand met inligting om na vore te kom en die polisie in hul ondersoek te help. Sheehama is na bewering by ‘n braai aangeval en vermoor, en sy lyk het ‘n paar dae later uit die see gespoel. Die groep het die Tutaleni-polisiestasiebevelvoerder, senior inspekteur Hilma Uugwanga, gaan sien. Uugwanga sê die ondersoekers het slapelose nagte om die saak te probeer oplos.

Sewe verdagtes, wat Sheehama se meisie Jessica !Gaes en haar broer Jimmy !Gaeb insluit, is in Augustus in verband met die moord in hegtenis geneem. Hulle sal môre weer in die hof verskyn.