Help Bybelgenootskap om Bybels in inheemse tale te druk!

Die voorsitter van die Bybelgenootskap van Namibië, Schalk Botha, sê hulle het ‘n tekort aan Bybels wat in inheemse tale vertaal is. Weens min fondse kan hulle nie grootmaatbestellings van China en Suid-Korea maak waar dit gedruk word nie. Die genootskap druk en verkoop Bybels in onder andere Oshiwambo, Otjiherero, Rukwangali en Khoekhoegowab. Tans het die genootskap nie meer kopieë in die meeste tale nie, behalwe vir Engels. Botha sê die aanvraag is groot. Hul veldtog genaamd “Help druk en bring die plaaslike tale na Namibië” is oop vir individue, organisasies en kerke. Botha sê met beleggers kan hulle so 10 000 Namibiese dollar se Bybels per taal bestel. Dit sal hulle in staat stel om vir ‘n langer tydperk meer Bybels in voorraad te hê.