Hello Kitty is vandag 50 jaar oud

Dit is vandag 50 jaar sedert die Japannese handelswaremaatskappy, Sanrio, die eerste weergawe van Hello Kitty bekendgestel het. Dis ontwerp met ʼn gesig sonder ʼn mond, ʼn ovaalvormige neus en kenmerkende rooi strik. Sanrio sê hierdie eienskappe is steeds wat mense na Hello Kitty aantrek en haar ʼn skoon lei maak waarop mense hul emosies kan projekteer. Hello Kitty is vandag een van die winsgewendste media-franchises in die wêreld en maak sowat 1,4 triljoen Namibiese dollar. Sy ding mee met franchises soos Winnie-the-Pooh, Pokémon en Star Wars.