Heli-platform by Boulter se Henties-hotel

Die burgemeester van Hentiesbaai vra belanghebbendes en betrokke rolspelers om besware in te dien rakende die verkoop van porsie X van dorpsgrond 133 aan Continuum HP Property Investments vir 221 250 Namibiese dollar. Die firma beplan om ‘n privaat parkeringsterrein sowel as ‘n helikopterplatform te ontwikkel vir SX Investments One se boetiekhotel. SX Investments is die moordbeskuldigde en Britse miljardêr Harvey Boulter se maatskappy. Hy het reeds omgewingsklaring  vir die hotel wat tot 50 kamers sal hê, sowel as ‘n spa, gimnasium en meer sal bevat. Besware moet teen 19 November ingedien wees.