Helfte van Zimbabwiërs moet voedselhulp ontvang

Meer as die helfte van Zimbabwe se bevolking sal vanjaar voedselhulp nodig hê ná ‘n verwoestende droogte wat gelei het tot wydverspreide misoeste terwyl humanitêre organisasies geld soek om bystand te lewer. Sowat 6 miljoen mense in landelike gebiede en 1,7 miljoen in stedelike gebiede sal bystand benodig, volgens die Zimbabwe Livelihoods Assessment Committee. Dit is die land se ergste droogte in 40 jaar, volgens die regering. Die jongste oesbepaling wat aan die kabinet van Zimbabwe voorgelê is, het ook Zimbabwe se mielieproduksietekort opwaarts hersien tot 77 persent.