Helfte van wêreldbevolking kan teen 2035 oorgewig wees

‘n Studie het bevind meer as die helfte van die wêreld se bevolking kan teen 2035 oorgewig wees. Die Wêreld-vetsugfederasie se atlas vir 2023 voorspel dat 51 persent van die wêreldbevolking van vier miljard binne die volgende 12 jaar vetsug sal hê. ʼn Woordvoerder van die federasie, Louise Buur, maan die koerse van vetsug styg vinnig, veral onder kinders, en in lande met laer inkomste. Die studie het bevind vetsug by kinders kan teen 2035 meer as verdubbel vanaf die vlakke in 2020 met 208 miljoen seuns en 175 miljoen meisies. Buur raai beleidmakers aan om onverwyld op te tree om te verhoed dat die situasie handuit ruk.