Helfte van die begroting nodig om TransNamib op dreef te kry
Plaaslike media berig dat TransNamib 30 miljard Namibiese dollar benodig om sy infrastruktuur op te knap en te hernu. Dit is amper helfte van die land se begroting. Die maatskappy se woordvoerder Abigail Raubenheimer het aan plaaslike media gesê dat die vervalle infrastruktuur die maatskappy se dienslewering belemmer. Dele van die spoorlyn is so swak dat lokomotiewe beperkte spoed op dele moet toepas om ontsporing te verhoed. Lokomotiewe is ook stokoud met sommige ouer as 50 jaar terwyl die lewensduur van ‘n lokomotief ongeveer 25 jaar is. Die oudhoof van die maatskappy, Johny Smith het ‘n lening van 2,6 miljard Namibiese dollar by die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsbank bekom vir sy omkeerplan van vyf jaar, wat poog om winsgewendheid te verbeter omdat hy so swak presteer. TransNamib het ‘n verlies van 4 miljard dollar tussen 2010 en 2017 aangeteken.