Helene saai verwoesting

Meer as 100 mense is dood sedert Orkaan Helene die staat Florida Donderdag as ʼn kategorie vier-storm getref het. Talle mense word nog vermis. Buncombe-distrik in Noord-Carolina waar 30 mense dood is, is die swaarste getref. Noodtoestande is afgekondig in Alabama, Florida, Georgia, Noord-Carolina, Suid-Carolina en Tennessee. President Joe Biden sê hy het die Federale Noodbestuursagentskap opdrag gegee om vas te stel hoe hulle vinniger hulp kan verleen aan diegene wat dit die nodigste het.