Helena werk vir haar gemeenskap, staan haar by

Die 24-jarige Helena Shaanika is van ‘n gemarginaliseerde dorpie, Onkaankaa, in die Otamanzi kiesafdeling in die Omusati-streek. Sy het reeds vele struikelblokke oorkom in haar strewe om die lewens van kwesbare mense in haar gemeenskap te verbeter, en is vasberade om aan te hou met die harde werk om die gemeenskap te help opbou. Sy het ‘n welsynsorganisasie, die Onkaankaa Gemeenskap Stigting op die been gebring, wat hulp nodig het om die gemeenskap by te staan. Shaanika het met Kosmos 94.1 gepraat oor die werk wat sy doen asook die hulp wat hulle nodig het.