Helen Suzman-stigting verwelkom hof se beslissing oor Zuma se Maughan/Downer saak

Die Helen Suzman-stigting het dit verwelkom dat oudpresident Jacob Zuma se aansoek om staatsaanklaer Billy Downer en die joernalis, Karyn Maughan, privaat te vervolg, van die hand gewys is. Die KwaZulu-Natalse Hooggeregshof in Pietermaritzburg het beslis Zuma het probeer om hofprosesse te misbruik deur die twee privaat te vervolg. Die gewese president beweer Downer het sy mediese rekords aan Maughan uitgelek. Nicole Fritz van die stigting sê hierdie uitspraak het ‘n groter invloed as net die individue wat betrokke is: