Heldedag-vieringe by Onafhanklikheidstadion
Die 33ste Heldedag-herdenking vind Saterdag by die Onafhanklikheidstadion in Windhoek plaas. Dit sou aanvanklik op Omuthiya in die Oshikoto-streek plaasgevind het, maar is na die hoofstad verskuif. Volgens die inligtingsministerie, is die President van Kuba, Miguel Diaz-Canel Bermudes, President Hage Geingob se eregas en daarom is die herdenking verskuif. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, dr. Audrin Mathe het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.
Dr. Mathe vra ook om verskoning aan die inwoners en sakegemeenskap van Omuthiya en die streek nadat ‘n paar klein tot medium ondernemings hul teleurstelling uitgespreek het oor die verandering.