Heldedag vanjaar op Omuthiya gevier 

Namibië gaan op 26 Augustus die 34ste Heldedag by die Omuthiya-ontspanningspark in Omuthiya in die Oshikoto-streek herdenk. Die tema is “Die verering van ons martelare”. Die Heldedag-herdenking word op ‘n rotasiebasis in die streke gehou en verlede jaar was dit in Windhoek aangebied. Oshikoto goewerneur Penda Ya Ndakolo het die aankondiging gemaak en sy dankbaarheid teenoor die president uitgespreek omdat hy Omuthiya gekies het.