Heineken sluit aankoop van NBL af

Heineken sê hy het die verkryging afgehandel van die Distell-groep en Namibia Breweries. Hulle is saamgevoeg met Heineken Suid-Afrika in ‘n nuwe Heineken-meerderheid besitte onderneming om groeigeleenthede in Suider-Afrika te ontgin. Die saamgestelde besighede sal bekendstaan as Heineken Beverages. Die hoofbestuurder Dolf van den Brink sê hulle verwelkom die meer as 5 400 werknemers en sien daarna uit om byna 4 miljard Suid-Afrikaanse rand in netto inkomste en 10 miljard rand in bedryfswins by hulle dekking in Afrika in te sluit. Nuwe beleggings sal die bou van ‘n brouery en mout-aanleg insluit.