Heckmair se moordenaars weer in hof

Die twee Amerikaners wat skuldig bevind is aan die moord op André Heckmair in Windhoek in 2011, het vlugtig vandag in die Windhoekse hooggeregshof verskyn. Marcus Thomas en Kevan Townsend het ‘n aansoek gebring vir verlof om teen hul skuldigbevinding en vonnise te appelleer. Thomas is tot 30 jaar tronkstraf gevonnis en Townsend tot 29 jaar. Thomas se regsverteenwoordiger het hom vandag aan die saak onttrek en dit is uitgestel na Januarie om hom die geleentheid te gee om ‘n nuwe verteenwoordiger te kry. Hy het aangedui dat hy ‘n private prokureur wil aanstel.