Heckmair moord: Swaar vonnisse vir 2 Amerikaners
Die twee Amerikaanse burgers, Kevan Townsend en Marcus Thomas is vanoggend gevonnis. Regter Christie Liebenberg het Thomas 30 jaar tronkstraf opgelê met Townsend wat 29 jaar ontvang het. Die twee, wat Andre Heckmair in Januarie 2011 in Klein Windhoek doodgeskiet het, is op 6 September skuldig bevind. Dit bring ‘n einde aan ‘n uiters lank en uitgerekte saak met die twee wat oor die jare heen herhaaldelik die nuus gehaal het met talle vertragings wat hulle in die saak veroorsaak het.