Headsprings vry na MBA-studente
’n Groep MBA-studente van die Namibia Business School was onlangs betrokke by ’n veldstudie van Namibië se opkomende volhoubare mynboupraktyke in die land, veral die baanbrekerspogings van Headspring Investments in Leonardville in die Omaheke-streek. Headspring Investments, ‘n filiaal van Uranium One Group, bevorder ‘n innoverende in-situ herwinningsmynmetode. Sommige boere in die omgewing wil egter nie hê die maatskappy moet sy eksplorasie-aktiwiteite voortsit nie weens vrese dat die belangrike Stampriet-akwifeer besoedel sal word. Kosmos 94.1 Nuus het met Aldo Hengari, bedryfsdirekteur van Headspring Investments, oor die veldstudie gesels.