Headspring beweer ‘agenda’ in prospekteerpermitte se kansellasie

Headspring Investments het tydens ‘n raadplegende vergadering met die Parlementêre Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne aangedring dat hul boorbedrywighede in die Stampriet artesiese kom streng voldoen het aan Namibiese wetgewing. Dit kom nadat die landbouministerie twee prospekteerpermitte wat aan die maatskappy uitgereik is, gekanselleer het. Percy Misika, uitvoerende direkteur van landbou, het Headspring in ‘n brief gedateer 9 November 2021 meegedeel dat die ministerie die permitte kanselleer weens geïdentifiseerde growwe nalatigheid. Headspring beweer daar is ‘n agenda, aangesien hulle die kansellasiebrief gekry het nadat dit eers deur boere in die omgewing ontvang is. Vanessa Bohitile, die bestuurder van strategiese ontwikkelings by Headspring Investments, het meer.